SELFSPRAAK - Karin Nieuwoudt (Oudio-Boek)

cover_-_selfspraak
4.66667 5 12 Product
R 80,00 each

+

Die wye ervaringe en gedagtes van vroue
Voorgelees by Karin Nieuwoudt

Hierdie bundel bestaan uit 50 gekose gedigte uit 2 vorige gepubliseerde digbundels waarvan “Vrou in die Spieël” een is. Die meerderheid van die gedigte handel oor die ervaringe van vroue van alle ouderdomme. Alhoewel die gedigte van kort tot gemiddelde lengte is, is dit baie beskrywend en van hoë kreatiewe gehalte. Temas soos moederskap, die verlies van ‘n geliefde, die verskillende fasette van die gedagtewêrelde van vroue word in die digbundel beskryf. Die vele fasette van die liefdeservaringe van vroue is ‘n deurlopende tema.

Sekere van die gedigte is van ‘n meer intieme aard oor die liefde tussen man en vrou. Gedigte soos “Besoek”, “Hooglied”, “Mingedig” is drie voorbeelde. Die bundel het ‘n sterk geestelike karakter en sluit ook gedigte in wat oor emosionele en gebedsworsteling handel. Daar is ook gedigte waar die meer positiewe ervaringe van emosionele kalmte en hoop vir die toekoms beskryf word. Dit sluit in gedigte soos “Nuwe Dag”, “Vrede”, “Na die storm”. Enkele van die gedigte maak ook observasies van fisiese en natuurlike verskynsels. Gedigte soos “Mure”, “Die Atleet”, “Die wind” val onder hierdie tema. Daar word vertrou dat die luisteraar die gedigte interessant en kreatief sal beleef en daardeur verryk sal word.

35 MB 49 Minutes

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: