Dwaalspoor - Elizabeth Jordaan (Kindle)

dwaalspoor-_kindle
5 5 1 Product
R 55,00 each

+

Brenda Malan, ’n skrywer van reisverhale vir tydskrifte en ’n ywerige birder, verpas haar skip, die Blue Yonder, nadat sy op die eiland Darion, geleë in die Suid-Atlantiese Oseaan, van haar toergroep afgedwaal het. ’n Jong seun, Ben Taylor en sy hond Molly, kom tot haar redding en help haar om by die Port Bailey hawekantoor uit te kom.

Sy maak kennis met George Brennan, hawemeester, sersant Roy MacDuff en Billy Walker, assistent-hawemeester. Na ’n gesoek, kry sy blyplek by die Taylors. Bob Taylor (66), is ’n afgetrede landdros wat saam met sy kleinseun Ben, en sy huishoudster Phyllis Green, of PG soos sy bekend staan, in ’n imposante ou huis bly.

Brenda is vir elf dae op die eiland vasgekeer en sy besluit om in die tyd wat sy op die skip moet wag, agter stories aan rond te snuffel. Sy huur vir haar ’n bergfiets en Vrydagoggend ry sy en Ben met die fietse na Points' End toe. Hulle sien ’n seilskip wat vêr van die hawe voor anker lê. ’n Motorboot kom by die seilskip aan, maar hulle kan nie die boot se naam uitmaak nie.

Saterdagoggend gaan verken Brenda die eiland op haar eie. Sy sien hoe Billy Walker plastiekhouers by die Brennans se koelkamer indra. Sy liggaamstaal is vir haar verdag. Sy neem ’n paar foto's, min wetende dat sy, met haar nuuskierigheid, besig is om vir haarself groot probleme op die hals te haal.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: