Jasper se avonture is skreeusnaaks en neem die jongspan op ‘n lekkerlag-avontuur.
Sonja (Wilson) Kruger is gebore in Riversdal op 16/03/1986.
Sy het in 2004 gematrikuleer by Vredenburg Hoërskool. Na skool het sy haar BA Sielkunde graad aan UNISA voltooi met spesialisering in gesondheidswetenskap etiek en die reg.
Skryf en fotografie was nog altyd net stokperdjies, maar onlangs het sy haar vlerke gesprei en ‘n skryfkursus deur ANNA EMM bygewoon.
Sy woon tans op Vredenburg saam met haar man Edward, en twee kinders Kyle (7) en McKenzie (2). Jasper se avonture sal die eerste boekie wees en sy hoop dat daar nog baie sal volg. Sy skryf met die hoop om liefde vir lees by haar kinders te kweek