Die Verlore Hommeltuig - Pieter Saayman

die_verlore_hommeltuig_-_site
5 5 1 Product
R 223,00 each

+

Specifications

Teenagers
A5
131
5/7/2024
978-1-991455-08-6
Children Fiction

Delia en Dirkie, die avontuurlustige tweeling, is opgewonde om hul nuwe hommeltuie uit te toets. Dirkie se hommeltuig verdwyn nadat hy vir ’n slang geskrik en sy kontrole laat val het. Hulle besluit om die hommeltuig te soek.
Tydens die soektog na Dirkie se hommeltuig, bevind die tweeling hulle in ’n onherbergsame vallei. Hulle ervaar verskeie uitdagende situasies vol spanning en onbekende gevare, maar hul vasberadenheid om die verlore hommeltuig te vind, dryf hulle voort.

Hulle ontmoet die eksentrieke professor Hommelkop, wat sy eie gevorderde reuse-hommeltuie en robotte bou. Die robotte word deur ’n program op Hommelkop se rekenaarstelsel beheer. Die program raak korrup en die robotte neem oor. Met Hommelkop as gevangene van sy eie skeppings, styg die Hommeltuig op, gaan maak ’n draai onder die see, en land uiteindelik op Hommelkop se plaas waar al sy eksperimente uitgevoer word. Die robotte begin om hul eie weermag te fabriseer.

Intussen het Dirkie en Delia se bekommerde ouers die hulp van die lugmag en gemeenskapslede ingeroep en ’n soektog na die tweeling word van stapel gestuur.

Sal die kinders en Hommelkop daarin slaag om uit die kloue van die robotte te ontsnap, en sal die soekgeselskap die kinders vind?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: