Kabouterland
is in rep en roer vir die jaarlikse
besoek van die Feëkoningin Die jaar
word die fees by die rivier gehou en Neelsie hou nie van water nie. Hy glip stilletjies weg.
Terwyl hy deur die woud loop op soek na sy gunsteling botterblommetjies, hoor hy ’n groot geraas. En o, gomvinger, wat sal hy sien? ’n Groot geel ding wat al die bome opvreet.
Woeksie, die Wenswiksie se hulp word ingeroep. Nou los die monster die bome uit, maar hy vreet al die sand op. Willewak, ’n stout Wenswiksie kry van Woeksie se wensstof in die hande en veroorsaak nog ’n groter gemors.
Gaan Kabouterland ooit weer
vry wees van die
geel monster?