Willem van Breda hou niks van vroumense nie. Hy dink hulle sommer simpel goed, lastiger as ’n miljoen vlieë om die konfytpot, Vroumense moet altyd op een of ander manier sy lewe omkrap.
Nou is daar nie net een nie, maar sommer twéé wat besig is om sy lewe oor te neem! As dit nie die een is nie, is dit die ander, soms al twee gelyk wat sy paaie kruis Dis ’n marteling. Hulle is absoluut oral. Op hom, oor hom, langs die pad, by sy vakansie, waar hy dinees bywoon en nou... Ja wraggies, tot in sy kantoor. Al wat hy vra met ’n groot smeek in sy hart, is dat ellendige vroumense van die aardbol af moet verdwyn.
Ironies genoeg red die Drieka-vroumens hom elke keer op die een of ander komiese manier uit die mees onaangenaamste situasies.
En toe verdwyn hy van die aardbol af.
Een middag hou Drieka ’n geselligheid vir ’n paar vriendinne. En wie bars soos ’n tornado saam met die sestal meisies by haar deur in? Niemand anders nie as Willem.
Lees nou maar self verder hoe Willem dié situasie hanteer...