Naamloos: Die Lighuis Akademie - M Freeman

naamloos_-_site
5 5 9 Product
R 228,00 each

+

Specifications

Teenagers
A5
189
22/3/2023
978-1-991232-22-9
Detective/Mystery

Die rooi-en-blou ligte van die nooddiens-voertuie gooi spookagtige skaduwees oor die gesigte van die groep tieners wat angstig staan en kyk. Die kaptein lig sy tweerigtingradio tot by sy lippe en antwoord: “Dit is Alpha. Delta, wat is jul status?”
Alpha, ons is bevrees dat Delta onsuksesvol was.”
“Dankie, Delta, sien julle terug by die stasie.”
Die radio kraak ’n laaste keer soos wat die kaptein die radio terughaak aan sy gordel en in die bakkie klim. Almal begin wegbeweeg van die oewer af. Almal, behalwe vier tieners. Hulle staan in ’n klein groepie en kyk vir mekaar.
“Niemand sê ’n woord nie.”

* * *

Menieke se eerste dag by Die Lighuis Akademie, die mees gesogte privaatskool in die land, het nie uitgedraai soos wat sy verwag het nie. Eers is dit die geheimsinnige Derick met die tattoos, wat haar ongemaklik maak. Daarna die vurige rooikop, Bree, wat haar onmiddellik teiken. En toe is daar Albert. Albert wat dadelik tot haar redding kom.

Alles vererger toe hulle vier in dieselfde groep gedeel word vir die aand se skattejag en alles skeefloop. Hulle groepleier, ’n graad twaalf-prefek, is onder geheimsinnige omstandighede oor die rand van ’n brullende waterval en niemand weet wat gebeur het nie.

’n Dreigement van Naamloos, plaas hulle vier se lewens in gevaar en dwing hulle paaie om te kruis. Naamloos beweer dat hy weet wat daardie aand langs die rivier gebeur het, en indien hulle nie die waarheid vertel nie, gaan hulle betaal vir wat hulle gedoen het.
 
Saam, werk die vier van hulle om Naamloos vas te trek en hul eie lewens te red.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: