Met hierdie boekie wil Tina Jooné graag vir elke kind met ‘n gestremdheid ‘n waardevolle les of twee gee. Hulle te motiveer om nooit moed op te gee nie, maar om te steun op familie en vriende. Daar is so baie manière om die lewe vir jouself makliker te maak. Leef elke dag voluit, moenie wegkruip nie en hou aan droom. As jy kan droom…kan jy enige iets doen!