Saam met die boek kry jou eie Klokkeloempie om te vertroetel terwyl jy lees!
Die Klokkejane van Klokkeland is baie snaakse kreature. Niemand weet hoekom hulle so genoem word nie, want dit het niks met regte klokke te doen nie. Die blou Klokkejane het lang blou hare oor hulle hele lyf en die rooi Klokkejane het lang rooi hare. Al wat uitsteek tussen die hare is twee groot ronde swart oë, ’n neus en ’n wye mond met dik lippe. Hulle het kort harige arms en bene, agt vingers en agt tone.
Klokkeloempie is pers. Waar kom sy pers hare vandaan?
Iewers tussen hierdie bladsye is die geheim van Klokkeloempie se pers hare en terwyl jy lees, beleef ook sy avonture alleen in die nag.
Gaan Klokkeloempie weer sy ma en pa sien?