Janette Kruger kry ’n leesboek as verjaarsdag geskenk by haar pa. Min het sy geweet presies hoe groot ’n rol hierdie boek in haar eie lewe gaan speel.
Barones van Berkersee het as ’n ketting-storie op Eggo Woordwerf begin. Franciska Mouton het die inleidingsparagraaf geskryf waarna die Woordwerf-skrywers gevolg het met hulle las stukkies. So het die storie vol intriges en interessante gebeurtenisse met elke skrywer se plasing ontwikkel. Daar was sommer vinnig besluit hierdie storie gaan iets besonders wees en moet as ’n lekker-lees storieboek gepubliseer word.
Die verhaal is in drie afsonderlike dele geskryf deur verskeie skrywers, wat ook nie almal saam geskryf het aan al drie die dele nie.