KAMBRO is die produk van jare se luister.
Enige familie het stories en ons Afrikaners het oor die laaste klompie jare toegelaat dat ons stories verdwyn. Met elke geslag wat afsterf, raak ons stories minder. Die ryk skat raak kleiner en ek het gevoel ek wil my deel doen om dit op te teken.
Hierdie bundel is ook daarop gemik om aan studente en professionele kunstenaars materiaal te verskaf vir eenmanvertonings. Dit word in 'n ligte trant vertel en probeer nie om meer te wees as net storietjies nie. Ek hoop my poging bring 'n glimlag in jou dag.