Moederhart - Keur van Verhale 1 - (eBoek PDF)

keur_van_verhale_1_nuut_241842808
5 5 1 Product
R 48,00 each

+

Kort stories geskryf deur lede van ons Boekehuis.

Wie is sy?
Dit is ‘n snikhete dag. Floors sit en knaag aan ‘n droë stuk brood en sluk dit swaar af met swart, bitter koffie. Dieper die park in, met sy rug teen ‘n boomstam, sit nog ‘n boemelaar, ‘n algemene bekende gesig in hierdie park. Sy oë hardloop vlugtig oor die grasperk en sy skerp blik merk ‘n persoon naby die bruggie by die dam. Sien hy reg? Hy knip sy oë en vee met sy hand oor sy gesig. "Is dit nou gedoriewaar ‘n vrou daardie? Hier tussen ons ruwe klomp mans?" Hy skud sy kop in ongeloof want dit is nou één ding wat nie hier hoort nie en dit is ‘n vrou. Hy merk met verbasing op dat sy in sy rigting kyk. Dan staan sy skynbaar swaar op en skuifel sy met haar kierie in sy rigting. ‘n Opgeskote seun keer haar voor, stop haar iets in die hand en sê iets vir haar. Met ‘n glimlag krap sy die seun se hare deurmekaar, skud sy hand en skuifel al nader in Floors se rigting.......

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: