“Nee, Santa! Nie so nie, laat ek dit liewer self doen,” raas Marina du Plooy met haar dogter, terwyl sy „n rol van haar digte silwer hare in haar nek vou, steek sy „n laaste haarnaald op sy plek. “Ma, ek wil net help! Ma moet ontspan, alles is honderd persent reg! ” antwoord Santa en merk met goedkeuring die blink in haar ma se sagte oë. Ma en dogter kyk na mekaar met eenderse blou oë en Santa glip haar arms om die ouer vrou se skouers. “Toemaar, Ma, ek verstaan. Ek ken jou my hele lewe, alles gaan net reg wees want my ma is „n wenner.” Sy kyk hoe haar ma met „n effens bewerige hand haar grimering aanbring. Sy vee met die poeierkwas oor haar neus en „n mooi egalige strepie lipstiffie oor haar mond. Ten spyte van haar een-en-sewentig jaar is sy „n pragtige vrou. Sy is trots op haar besige ma. Niks kry haar onder nie. Sy het meer deursettingsvermoë as vrouens helfte haar ouderdom en haar vrolike geaardheid is onblusbaar. Marina het nog nooit aan haarself gedink as bejaard, of nog erger, oud nie. Al is haar bewegings.......