Omnibus 1 - Skrywers: Sonja Brown, Franciska Mouton, Piet Saayman (eBoek PDF)

cover_omnibus_1
5 5 1 Product
R 61,00 each

+

Liefde is beslis pienk
Geskryf deur: Sonja Brown

Liefde soos geel Magrietjies
Geskryf deur: Franciska Mouton

Die swart hings
Geskryf deur: Piet Saayman

“Brink Vermeulen... jou... jou... bliksem!” Elna tas blindelings na die handvatsel wat haar Nissan 1400 bakkie se deur moet oopmaak, maar uit woede gryp sy dit elke keer mis. Sy klap haar hand uit frustrasie teen die stuurwiel en reik na haar handsak onder die bestuur-sitplek. Die swart leersak word oop gepluk en sy haal haar selfoon uit.
“Brink se nommer...” brom sy.
Dit lui lank voordat iemand die oproep beantwoord. Die vrouestem op die lyn neem die wind skoon uit Elna se seile. Sy was gretig om vir Brink Vermeulen te sê presies wat sy van hom dink.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: