Omnibus 2 Liefde is...- Skrywers:Jason Mada, Vasti Wolfe en Taai Bonthuys (eBoek PDF)

cover_omnibus_2_1492106137
5 5 1 Product
R 76,00 each

+

Liefde is wetenskaplik - Geskryf deur Jason Mada

Liefde is gevaarlik - Geskryf deur Vasti Wolfe

Fluisteringe van die hart - Geskryf deur Taai Bonthuys

"Zia haal die swart aandrok uit die hangkas, vryf sagkens oor die deurskynende plastiek omhulsel waarin dit is, en hang dit weer terug. “Een van die dae… Een van die dae gaan ek jou uit die sak haal en aantrek. En dan gaan die poppe dans…” glimlag sy sag. “Arno se skilletjies gaan van sy mooi blou oë af val en sy mond gaan oophang, en ék gaan my verlustig in elke liewe sekonde daarvan.”

Arno Viljoen staan met sy rug teen die onthaalsaal se muur. Dit is die wetenskaplike instituut waarvoor hy en honderde ander mense werk, se jaarlikse erkennings-aand.

Oral staan groepies mense, meeste met ’n drankie in die hand. Sy oë gly oor die vloer waar heelwat pare lywe wikkel en ’n glimlag vorm om sy mond. Hendrik kan steeds nie dans nie, dink hy. Sedert hy hom leer ken het op universiteit, het al wat vroumens was hom probeer leer om te dans. Nie een kon hond haaraf maak nie.

Dan sien hy haar......"

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: