A5 124 Pages
Skadukant van die maan: Franciska Mouton
Walt kyk na Armand. Dié het sy pet laag oor sy oë getrek. Sy oë starend na die bos, sy geweer se loop rus liggies op sy voorarm. Sy gesig ’n harde uitdrukking, intens soos ’n tier wat enige oomblik kan aanval. Maar diep in sy wese, is Armand bang. Bang hy moet wéér die sneller trek. Hy skud sy kop, vee met sy hand oor sy oë.
*****
Bosveld se klassieke klanke: Taai Bonthuys
Dis al sterk skemer toe Isa stilhou. Sy maak net-net die naam uit wat in goue letters teen die muur pryk: Welkom by Khotso ea Bushveld. “Wel tjorrie, lyk my ons het ons bestemming uiteindelik bereik.”
Isa vryf haar oë. Die pad was lank en sy voel uitgeput. Sy ry tot by die hek en handig die nodig formaliteite af.
*****
Vrou vermis: Douwlina du Plessis
Die geel oë is skielik daar in die stil gesig van die reuse luiperd. Die dier staar na hom tussen die yl takke deur wat hulle skei. Hy het sy geweer teen ’n rosyntjiebos laat leun toe hy na die “vrou” gereik het. Sy hand voel na die geweer sonder dat hy die oogkontak verbreek.