Vir Ewig Joune - Amanda Pio (eBoek PDF)

cover_vir_ewig_joune
5 5 1 Product
R 77,00 each

+

A5 152 bladsye
Kyla kyk ondersoekend na Rian. Hoe kan sy vir hom sê dat sy optrede haar verwar? Sy is seker daar moet iets fout wees met haar brein. Haar mensekennis het haar nog nooit in die steek gelaat nie. Hoekom is dit asof Rian probeer voorgee wat hy nie is nie? Sy skud haar kop. Die Rian hier langs haar en die Rian van ʼn paar weke terug is definitief nie dieselfde mens nie. Die ou Rian was nie so besorg oor haar nie en daar is ʼn paar dingetjies aan hom wat verander het. Sy kyk met meer aandagtig na hom.

Ruan voel hoe sy hart swaar klop. Miskien is dit nou die tyd om haar te vertel, maar dis asof hy bang is. Bang om die veragting in haar oë te sien. Dinge het ook al klaar te vêr gevorder tussen hulle twee. Hy weet as sy die waarheid moet uitvind oor hom, sal sy hom nie maklik vergewe nie.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: