Woorde wat Waai - Marsofine Krynauw (Digbundel) (eBoek PDF)

cover woorde wat waai
5 5 1 Product
R 55,00 each

+

A5 112 Bladsye 

Dit maal
dit draai
dit skoppelmaai
daar is niks om oor te raai
want daar is duisende sinsnedes
wat in my kop rond waai
dis gebeure en ervarings
die liefde en die haat
die vreugde en die kwaad
die blydskap en die seer
en nog vele, vele meer
ek kan dit nie daar laat
ek moet mos daaroor praat
maar eerder wil ek in stilte spreek
oor die dinge wat harte breek
die woorde is ‘n losgemaal
soos in opregte rugby taal
en net ek kan hul uit my kop haal
my pen dans die kotteljons
en ek skryf dat dit so gons
‘n digter - nee
o! wee
die titel kan ek myself nie gee.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: