Die Onderhoud - Pieter Saayman

die_onderhoud
3 5 2 Product
R 140,00 each

+

Specifications

Adults
B6
121
9/8/2021
978-1-77632-666-2
Action and Adventure

Sonika van Deventer is desperaat vir werk nadat haar vorige werkgewer bankrot verklaar is en sy noodgedwonge haar tiksterspos moes prysgee. ’n Advertensie in een van die plaaslike koerante trek dadelik haar aandag. Die kantoor waarheen sy moet gaan vir die werksonderhoud is geleë aan die buitewyke van die stad, en die onderhoud met Mike is van die begin af twyfelagtig. Maar soos die Engelse spreekwoord lui: Beggars can’t be choosers...

Na ’n rukkie kom sy agter daar is net te veel vrae, geheime en dinge wat nie klop nie.. Waarmee is die drie “vennote”, wat die sogenaamde “snelgroeiende firma’” bedryf, mee besig?

Sonika se vermoede word gestaaf wanneer sy haar lyf speurder hou en een aand in Mike se kantoor rondsnuffel. Deur vernuftige speurwerk kom sy agter waarmee die drie mans besig is. Hulle is wapensmokkelaars wat hulle bedrywighede vanuit ʼn verlate pakhuis bedryf.

Sy verkeer in lewensgevaar wanneer sy in die pakhuis rondsnuffel en betrap word.

Sal sy, vrou-alleen, haarself uit die situasie kan kry en die smokkelaars aan die pen laat ry?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: