Talana Malan is jonk, ietwat afsydig en onverklaarbaar geheimsinnig toe sy haar nuwe pos by die universiteit aanvaar. Dis egter tot groot ergernis van haar kollegas en nuutgevonde kennisse. Sy sluit by ’n toergroep aan om die ergste eensaamheid in die vreemde stad te verdryf, maar vind gou uit dat dit nie vir haar bedoel is nie. Daar is die joviale Daniel wat al ’n rukkie probeer om ’n koffie afspraak met haar te maak, en ook die aantreklike Anzet wat besluit het om die lewe vir haar moeilik te maak.
Talana se stugheid skrik Daniel af, en hy besluit om sy studies in die buiteland voort te sit. Intussen het Talana haar eie probleme met die versorging van klein Tiaan. Sal Daniel verstaan as sy hom van haar omstandighede inlig? Of het hy haar heeltemal afgeskryf, siende dat sy niks meer van hom hoor nie. Haar tannie Mart is egter ’n regte steunpilaar, en iemand wat sy met haar hele lewe kan vertrou. Intussen is daar die duistere motiewe van vriende en ook familielede wat haar slapelose nagte besorg.
Sal sy maar gehoor gee aan die aandag en bederf van die nimlike Henk wat sy een skemeraand in die vissersdorpie in die Weskus raakloop?