Dit voel vir Alex asof ‘n trein haar tref. Haar wind word van agteraf uitgeslaan terwyl ‘n growwe hand haar mond styf toedruk. Sy ruik ‘n mengsel van alkohol en sigarette tussen vrot asem-teue, maar die besef dat dit wat nou aan’t gebeur is dring nie tot haar deur nie.
Alexandra maak laatmiddag haar oë in die Louis Pasteur Hospitaal oop. Alles aan haar pyn. Binne en buite haar liggaam. Haar hand reik stadig na daar waar dit die seerste is; die sagte plekkie wat ‘n vrou bêre vir haar geliefde…