Die Hospitaal - Pieter Saayman

cover_die_hospitaal
5 5 1 Product
R 140,00 each

+

Specifications

Adults
B6
103
21/5/2020
978-1-928513-49-0
Action and Adventure

Bettie Snyders verpes die verlate dorpie met sy stofstrate waar sy gebore is en grootgeword het. Sy het ʼn heimlike begeerte om ʼn speurder te wees sodat sy moordenaars en skelms kan vastrek, maar dit was nie vir haar beskore nie. Werksgeleenthede in Elandsbult is min, sy moes dus maar vat wat sy kon kry. Nou spandeer sy haar vrye tyd aan die lees van speur- en misdaadverhale.

Een middag laat doen die geleentheid hom egter voor om haar lyf speurder te hou toe sy die algemene handelaar waar sy werk se deure sluit, en huis toe stap. Daar skyn lig uit een van die vensters van die ou munisipale hospitaal wat in onbruik is. Die hospitaal is jare gelede ontruim omdat dit nie meer lewensvatbaar was nie en moes sy deure finaal sluit.

Toegerus met ’n kombinasie-mes met allerlei funksies, wat sy by die winkel “geleen” het, en ’n flitslig, durf sy die gange van die ou, vervalle hospitaal aan om ondersoek in te stel of daar dalk iets sinister aan die gang is.

Sy loop haar egter vas in twee baie ongure karakters...

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: