DIE PERFEKTE TROFEE, hou die leser vanaf die eerste bladsy op die punte van hulle stoele.
Speursersant Wilburt Winterbach sit met ’n reeksmoordenaar ophande. Daar is reeds vier lyke, waarvan die borste en ooglede verwyder is. Die enigste leidrade sovêr; is vier lipstiffiedoppies – almal van dieselfde handelsnaam – en die notas wat die moordenaar elke keer aan Wilburt persoonlik stuur, so asof daar met die speursersant siek speletjies gespeel word.
Wilburt kry waardevolle inligting. Die moordenaar word vasgetrek en gearresteer, maar terwyl Wilburt die meisie van sy hart vra om te trou, kry hy nog ’n nota van die moordenaar wat lees: Geniet jou verposing, Winterbach. Ek is nie in die tronk nie. Word wakker. Terloops, sy is baie mooi!
Die nota maak hom bekommerd, dit klink na ’n duidelike waarskuwing. Is sý Sonnet op die moordenaar se moordlys, dalk sy volgende slagoffer? Hoe de ongeluk het dit gebeur dat die verkeerde verdagte gearresteer is?!
Gaan die moordenaar betyds ontmasker word, of eindig speursersant Winterbach se lewe in ’n tragedie?