Die Skildery - Ria Richards

cover_die_skildery
5 5 1 Product
R 120,00 each

+

Specifications

Adults
B6
109
978-1-928512-04-2
Romance

Marna Maree werk tydelik as tikster in Weideman Regsdienste se kantoor in die plek van een van die dames wat dringend vir drie maande verlof moes neem. Haar eerste ontmoeting met Advokaat Hanno Weideman, haar uiters aantreklike baas en vrygesel, loop uit op ’n fiasko toe sy hom aansien vir die tegnikus wat die steeks drukker kom herstel.

Hulle toevallige ontmoetings daarna, verloop ook glad nie na wense nie. Veral toe sy haar vriendin en woonstelmaat, Tessa, uithelp met ’n funksie en Hanno haar in die luiderdpakkie uit ’n vernederende situasie moes red.

Om te skilder is haar passie. Sy aanvaar Hanno se aanbod om drie dieretonele te skilder vir sy kantore. Op pad na haar ouers se wildsplaas, die enigste plek waar sy haar kan uitleef in haar skilderkuns, oorverhit haar karretjie. Nadat sy amper omgery word deur ’n lummel in ’n bakkie wat sy probeer stop om haar te help, skakel sy ure later vir Hanno. Hy is nou haar laaste uitweg.

Toe sy haar kom kry, is hulle besig om te soen. Hanno laat dit klink asof die soenery niks is nie, eintlik ’n fout, maar dis nie hoe sý dit ervaar het nie. Vir haar was dit ’n hart-stop-oomblik. Of is sy maar net naïef?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: