'n Emmertjie Manna - Roeline Snyders-Ruiter

cover_n_emmertjie_manna_
5 5 1 Product
R 140,00 each

+

Specifications

Adults
B6
100
18/06/2019
978-1-928512-31-8
Romance

Magriet is ’n plat op die aarde, goedgelowige vrou wat net haar man tevrede wil stel en haar Here wil dien.

Haar man is die teenoorgestelde. Weerbarstig, ongelowig en nie een wat maklik sy gevoelens wys nie. Willem vertel haar gedurig hoe dom en oningelig sy is en dat sy haar op haar plek moet hou.

Magriet was nog nooit verder as die grense van die klein Noord-Kaapse dorpie, Gladkop nie. Die weeklikse samekoms met haar Vrouediens groepie is die hoogtepunt van haar bestaan, want daar voel sy dat niemand neerkyk op haar eenvoud nie.

Dan kom haar kans om Gladkop se grense oor te steek. Willem laat haar gaan, maar is glad nie ingenome met sy vrou se planne nie. Die onrus oor Magriet bly saam met hom agter.

Op Magriet se reis gebeur daar dinge met haar wat sy nie voorsien het nie. Maar God se weë is nie ons weë nie, Hy gebruik mense en situasies om Sy mense terug na Hom te draai.

Willem het op die harde manier geleer dat God se Genade soos ’n emmertjie manna is. Manna uit die hemel. Net ’n emmertjie vol is genoeg vir een dag. Hy sê: Ek sal julle weer môre gee…

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: