In 'n Oogwink - Thariens

oogwink
5 5 1 Product
R 140,00 each

+

Specifications

Adult - SVL
B6
119
19/7/2021
978-1-77632-658-7
Romance

Engela Boshoff struikel-val in Louis Eloff se arms toe sy haar skoenveter vastrap. In ’n oogwink raak sy onherroeplik en onbeheersd verlief op die man met die kuiltjie in sy wang. Liefde met die eerste oogopslag, noem hy dit. Voordat hy haar naam ken of weet wie sy is, soen hy haar en kan sedertdien nie meer sy hande of lippe van haar lyf af hou nie. As sy tog net van die chroniese lighoofdigheid en oorontsteking kan ontslae raak …

Ses maande later, tydens hul wittebrood, kry hulle die uitslag van Engela se duiseligheid. Behalwe die middeloorontsteking, is sy ook swanger! Teleurgesteld erken sy teenoor haarself dat dit beslis nie is hoe sy die eerste paar jaar van haar getroude lewe voorgestel het nie. Sy wil nog die wêreld verken, haar man en nuutgevonde geluk op haar tyd geniet... Louis se ma is boonop ’n inwonende deel van hul huishouding en kan nie wag om ouma te word nie.

Die skielike kuier van haar ma wat sy elf jaar laas gesien het, en wildvreemde stiefpa, wys haar ook met wie sy getroud is: ’n Man wat geen nonsens sal duld as hy sy vrou of huishouding moet beskerm nie.

In ’n oogwink sal jy verlief raak op hul liefde.

List of the comments:
No vote yet
Hoe om die boek te koop en te ontvang?
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: