Soet Soos Sjokolade - Pieter Saayman

single_cover_rr_soet_soos_sjokolade
5 5 1 Product
R 140,00 each

+

Specifications

Adult - SVL
B6
127
8/9/2021
978-1-77632-676-1
Romance

’n Blokkie toegedraaide Beacon-sjokolade verskyn een oggend ongesiens op Wouter se lessenaar. Daarna kry hy elke dag ’n blokkie sjokolade met ’n leidraad versteek in die omhulsel, wat hom behoorlik aan die wonder hou. Van wie is die sjokolade en hoe kom dit op sy lessenaar?

Hy begin soek na die geheime sjokolade-meisie, maar beland in doodloopstraat nadat hy al die kantoordames geëlimineer het. Hoe kan 'n onskuldige blokkie sjokolade sy lewe dan eensklaps so ontwrig?

Sy kollega en vriend, Renier, is ook nie van hulp nie. Hy is in 'n vuurwarm verhouding met Marlize, die kantoorsekskat.

Intussen raak Wouter deurmekaar met sexy, Zanri, vriendin van Marlize.
Zanri is egter nie wie sy voorgee sy is nie. Wouter ontdek haar geheim, maar kan nie sy loopbaan op die spel plaas deur haar te ontmasker nie.

Deur die leidrade stelselmatig te ontrafel wat verskans is in die sjokolade omhulsel, het Wouter twee moontlike kandidate wie sy sjokolade-meisie kan wees; Beatrix die oogkundige, of Bea die tandarts. Maar watter een van die twee is dit?

Wouter beland in ’n situasie wat sy hele lewe kan verander. Gaan hy die regte keuse maak?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: