Verlore Vrou - Annatjie Sandrock (Kindle)

simpel_vroumense_-_kindle_1744418739
5 5 1 Product
R 55,00 each

+

Al wat Rieka haar lewe lank wou doen, was om mense gesond te maak en ʼn reisende praktyk te begin om na mense toe te gaan wat nie by haar kan uitkom nie. Alles was so in plek, perfek uitgewerk. Totdat Deon in haar lewe gekom het. Vir die afgelope vyftien jaar is dit genoeg om net ’n vrou te wees vir Deon en ’n ma vir haar twee kinders. Sy beskou dit as ’n voorreg om tuis te kan bly en haar gesin te versorg.

Een Donderdagoggend toe sy weer oudergewoonte saam met twee van haar vriendinne kuier, vra Retha ’n vraag wat ’n massiewe onstuimigheid in Rieka ontketen en sy haarself byna verloor op ’n tipiese vrouweespad vol vrae, opstand en weerstand. ’n Vrouweespad wat heel bekend is aan ons wat ook al een of ander tyd in ons lewe die pad gestap het. Soekend na ‘n identiteit wat ons vrouwees beaam.

Stap saam met Rieka, voel en beleef haar verlorenheid – dalk erken jy jouself êrens langs hierdie pad en is haar vrae aan haarself ook joune. En wie weet, dalk vind jy jouself ook daar waar jy moet wees. Daar waar jy wíl wees. Dalk kan jy ook sê: “Hoe volmaak is my lewe nie. Hoe sielsgelukkig is ek nie om Vrou te mag wees nie.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: