Sybie Kleynhans, geliefde skrywer van Potchefstroom se vierde boek in die reeks van Madefu gee soveel lewenswysheid wanneer jy dieper lees. Die liefde vir die veld en diere kom in sy hele reeks voor. Die boek bied groot leesvermaak aan die leser.
...Wat ek weet van liefde is die lag is nou en in 'n oogknipsel volg die traan, dan volg die eensame verwyt en verwurgende stilte. Ek het ander redes, maar sal dit eerder nie nou noem nie, anders stenig die lesers my met ’n toegeritste beursie. Die meeste doen dit in elk geval. Maar daar is een ding wat ek weet … liefde is een van die magtigste emosies wat daar is. Dit ken en eerbiedig geen grens nie.
So sit ek daar en dink aan die liefde en sy dinge toe ’n stem my tot werklikheid terug roep.
“Oom Madefu, slaap jy wraggies oop oë en dit na vyf in die middag?” ...
...Die sexy Sarina Sekretarisvoël begelei my na die tefbaal reg langs ou Bontrok en Rex Rooijakkals. Daar word heftig gepoothand en die lotte is duidelik bly om my hier te sien. ’n Paar reierdametjies met waterskoene, geel pruike en tangas loop met wieldoppe wat om die nek hang rond. Ek skiep dit, want ek het nie lus vir sonneblompitte, slakke, droë kakkerlakke en molasses nie. Ek suig maar saggies en teer aan my liefdes-nektartjie...