Vir aandag: Hoof van die Laerskool en
Departementshoof: Afrikaans
Geagte Kollegas,
I/s: Nuwe werkboeke vir Afrikaans
Ek stel met trots aan julle die GOGGA reeks werkboeke, Graad 4 tot 7, bekend.
![]() ![]() ![]() ![]() |
Aangesien skole reeds ‘n stel voorgeskrewe handboeke gebruik vanuit die katalogus van die departement, is ons die reg gegee om direk met skole te kontak om die GOGGA reeks bekend te stel as addisionele hulpmiddel in die Afrikaanse sillabus vir grade 4-7.
Vind asb ook aangeheg ‘n brief van Karen Lugg (‘n Opvoedkundige Sielkundige), Mnr Johan Joubert (oud-hoof van Laerskool Garsfontein en wenner van die ATKV Centurion toekenning vir die bevordering van die Afrikaanse Taal en Kultuur) en Ria Pienaar (36 jaar onderwys-ondervinding in die Fondasie Fase).
DIE OPVOEDKUNDIGE AGTERGROND van die boeke:
Dis interessant hoeveel kinders vandag met verskeie uitdagende leerprobleme sukkel, veral as jy dink dat hulle reeds vòòr die ouderdom van 2 jaar ‘n taal instinktief aangeleer het! Hoe gebeur dit dan dat hulle net ‘n paar jaar later sukkel om hulself uit te druk, sukkel om te lees en dus nie kan leer nie? Al hoe meer kinders kom vanuit die Grondslagfase, maar daar is steeds nie ‘n lees vaardigheid vasgelê ni.
Dit is ons grootste uitdaging as Opvoedkundiges!
Daar is bevind dat kinders wat SUKKEL OM TE LEES of om hulself moeilik d.m.v. taal uit te druk baie keer nie VOLDOENDE gestimuleer is nie.
Wat sal voldoende stimulasie dan wees of HOE moet dit dan gedoen word?
Die enigste manier waarop ons kinders ‘n taal kan aanleer is d.m.v. KONSTRUKTIEWE STIMULASIE en inoefening. Hoe meer dit konstruktief gebeur, hoe meer neurale konneksies vind in die brein plaas en hoe meer word die netwerk gevorm en vasgelê, wat die kind die vaardigheid gee om te kan lees.
Ons kan dus sê dat neurale konneksies word versterk deur HERHALING en INOEFENING.
Aangesien kinders vanaf gr 4 al begin om eksamens af te lê, is BEGRIPSLEES ‘n BAIE BELANGRIKE vaardigheid om vroeg reeds baas te raak.
Die kind wat nie kan lees en met begrip kan lees nie, kan nie LEER nie!
‘n OPLOSSING
Hierdie werkboek help om daardie INOEFENINGSPROSES te begelei en te bewerkstellig.
Die stories is interessant, vol humor, hartseer, opwindend en beslis in die leef- en ervaringswêreld van die kind. Ons wil juis hê dat kinders nie verveeld raak nie!
Die word deur die kort stories, Gedigte en woordspele gestimuleer om te wil en te kan lees.
Hierdie boeke kweek letterlik ‘n liefde vir lees, omdat dit nie meer ‘n uitdaging dan is nie!
HOEKOM ‘N WERKBOEK?
Ons glo kinders leer optimaal wanneer hul speel of genot ervaar. Hierdie boeke is opgestel sodat kinders dit sal geniet om te lees en sodoende met meer begrip sal kan (en wil) lees.
WAARUIT BESTAAN DIE BOEKE?
Elke werkboek kan deel vorm van die Afrikaanse Taal Leerplan en kan dwarsdeur die akademiese jaar gebruik word.
• Die boeke se inhoud is in 4 kwartale ingedeel en elke les bevat genoeg materiaal om ‘n periode vol te maak.
• Daar is 15 kort stories en 5 gedigte sowel as verskeie WOORDSPELE om taalleer in elke ouderdomsvlak in te oefen.
• Die WOORDELYS wat op karton gedruk is, vorm deel van ‘n baie belangrike aspek in die metodiek van taal ontwikkeling.
HOE HELP DIE WOORDELYS?
• Dit help met SPOEDLEES aangesien die kind die woord vinnig moet kan lees voor hy na die volgende woord afskuif.
• Dit stimuleer ook die oogspiere (veral by kinders wie se oë spring);
• Dit stimuleer die vaardigheid om te kan LEES deur die verwerwing van:
o KLANK,
o RESONANSIE,
o TOON hoogte,
o VOKALE beheer en
o die regte ARTIKULASIE.
• Dit help om WOORDESKAT uit te brei.
• Verbeter spelling.
WOORDSPELE:
• Vul die taal leerplan aan deur taalleer speel-speel in te oefen en baas te raak.
KORT STORIES MET BEGRIPSVRAE:
• Al die stories is in lyn met die ervaring- en leef wêreld van kinders.
• Daar word verskeie genres gedek t.w.v. die Taal leerplan;
• 80% van die vrae kom uit die stuk wat beteken die kind moet die materiaal met begrip lees om hierdie vrae te kan antwoord;
• 20% van die vrae is vloeibaar (m.a.w. met oop antwoorde) en dus stimuleer dit die kind se eie denke en sodoende verbeter dit sy logiese denke en formuleer hy sy eie opinies oor verskeie onderwerpe.
HOEKOM GEDIGTE?
• Hierdie aspek van die boeke wys die leerder dat mens met woorde kreatief kan skep, teken, inkleur, en emosie betekenisvol kan uitdruk.
• Die onderwyser kan eie inisiatief gebruik om die gedigte te bespreek en geleentheid te gee om verskeie onderwerpe aan te raak en kinders toe te laat om te praat oor hul persoonlike ervarings, vreugdes of seer.
• Leerders moet ook die geleentheid gegee word om self te kan dig.
Gogga-groete
Sonette Kotzè