Arondshoop Bundel 1 - Boekehuis skrywers

arond1
2.66667 5 6 Product
R 223,00 each

+

Specifications

Adults
A5
199
7/8/2020
978-1-928513-80-3
Romance

Arondshoop is ’n plattelandse dorpie geleë iewers tussen Êrens en Nêrens, waar almal vir almal ken. Elkeen van die inwoners het ’n storie. Daar is oom Kallie Klikbek en sy vrou Sara, en soos wat lesers van sy naam kan aflei, is oom Kallie maar lief om stories stertjies aan te las. So beland hy ampertjies in die moeilikheid toe hy by Rika flikflooi vir ’n karnaaitjie.

Tina Rabie, Arondshoop se handsentrale-operateur, sorg natuurlik ook vir lekker sappige brokkies nuus wat sy so “per ongeluk” hoor.

Wanneer klein Melanie soek raak, staan die Arondshoop se inwoners saam en almal help soek. Miempie gaps ’n fiets en Basie skrik so groot, dat hy die pak slaptjips op die arme Ria se kop omkeer. Almal op die dorp ken die twee karnallies Arrie en kleinboet Jan wat nuwe betekenis aan ondeundheid gee.

Almal glo die stasie spook, maar Kobus die stasiemeester, sal nooit die dag vergeet toe dr. Eckhardt die rooikop suster op die stasie kom haal het nie.

Die toneelopvoering in die kerksaal veroorsaak groot konsternasie, terwyl die polisie behoorlik kop wanneer hulle die derde lyk ontdek met ’n paar bottels van tant Santie se tuisgemaakte ingelegte vrugte en konfyt langs hulle.

Lesers, kom neem ’n reis deur Arondshoop saam met ons Boekehuis Skrywers en beleef eerstehands die inwoners se wel en weë.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: