Tien Stories - Naomi Maritz

tien__stories_cover
5 5 4 Product
R 119,00 each

+

Specifications

Adults
A5
79
5/9/2020
978-1-928515-02-9
Romance, True Life

Naomi Maritz het in haar kar geklim en net gery. Waar sy slaapplek gekry het, het sy oorgebly. Hierdie bundel is tien van die stories uit die monde van mense om die braaivleisvure.
Anna verloor haar hart en haar kop tydens ‘n kort vakansie, min wetende dat sy tog eendag die verraad sal kan omdraai en weer gesond word.

Onderwysers van vandag moet soveel aanslae afweer. Dit word van hulle verwag om nie meer menslik op te tree nie, maar om jou werk te verseker, moet jy soos ‘n robot word.

Die grootste hofsaak aangaande die Ontugwet in die Apartheidsjare het in die Suid-Kaap afgespeel, en tog was die slagoffer triomfantlik.
Johnny en Kosie was beste vriende, maar soos dit maar met baie vriendskappe gaan, is daar altyd een wat te veel gee en een wat net wil hê...soms met rampspoedige gevolge.

Susan het geglo aan “the happily ever after”. Sy het gedroom daarvan en toe die geluk op haar pad kom, kom sy ook te staan teenoor haar eie tronk.

Om universiteit toe te gaan, is vir baie matrikulante ‘n droom. Vir Magda het dit waar geword, maar die tyd op universiteit het ook haar grootste nagmerrie geword.
Met sy tandlose mond, skril stem, kan ‘n karwag soms ons eie onnoselheid oopvlek. En dan kan jy maar net saam met hom lag.

Wanneer seuns saamgebondel word in ‘n koshuis, dink hulle baie dinge uit om die tyd weg van die huis meer aangenaam te maak. Ons misken soms die oorspronklikheid waarmee kinders vorendag kan kom. Om krieket in ‘n kerk te speel, is eenvoudig absurd.

Toe ons kinders was, het ons die uitdrukking gehoor “manies-depressief”. Deesdae is daar ‘n mooi word vir die geestelike toestand...Bipolêre Gemoedsversteuring. Wanneer ‘n ma besef wat aangaan, kan sy ophou om skuldig te voel.


Ons leef in moeilike tye. Suid-Afrika is omgekeerd en deurmekaar. En tog oordeel ons nog steeds mekaar en sit ons op ons ivoor trone.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: