In hierdie skrywe vertel ek van my eerste jare as jong boer in die Boesmanland. Kom loop saam met my die pad. Beleef saam met my die swaarkry en die lekker, die voorspoed en die teëspoed.
In My pad met die Dorpers van A tot Z vertel ek hoe ek my stelselmatig in die dorperbedryf bekwaam het tot waar ek my vandag bevind.
My vriende, mede-telers en kennisse wat deur die jare my pad gekruis het, is my rykdom wat ek langs die pad versamel het.
Kom maak kennis met elkeen van die persone wat ek aan u gaan bekendstel en leer hulle van nader ken.
My opregte dank en waardering aan elkeen wat gehelp het dat hierdie boek tot sy reg kan kom. Ek hoop dat elkeen wat hierdie boek lees, dit sal geniet.