Sy Vrede - Louw Erasmus

cover_sy_vrede
4 5 4 Product
R 217,00 each

+

Specifications

Adults
A5
190
24/07/2019
978-1-928512-42-4
Memoir

Wanneer jou aftreedag jou bekruip, is dit asof alles om jou uitmekaar val, tot jy besef jy kan dit nie keer nie. Dit is asof jy alleen in die woestyn ronddwaal, niemand om jou te help nie, en die jakkalse en aasvoëls wil jou vleis van jou lyf afskeur.

Miskien kan ou Blaar vir my raad gee, maar hy sal eers ʼn fooitjie wil hê om sigarette te gaan koop, of ek sal die ou boemelaar vra. Die ridder van die langpad wat uit eie keuse besluit het, genoeg is genoeg tot hy Hanna weer na jare ontmoet.

Okkie en ek is altyd besig om iets te bespreek, maar as dit by die dood kom, sal ons eerder koffie en beskuit neem. Ma en pa se duiwe was iets anders, wat ons nooit kon en sal verstaan nie, maar die twee oumense het ons die regte pad geleer en nou is dit Toetie se beurt om hulle hande vas te hou.

Ek het haar op ʼn stasieplatform ontmoet en ek sal dit altyd onthou tot ek nie meer daar is nie, maar ryloop is nie vir my nie, want ek het Anna op Paternoster gekry. Ek hoop nie sy kry Sussa se idee van trou nie, nee sy sal altyd net vir my wees. Dit was ons wens om langs mekaar te gaan rus. My seuns moet my net kom haal wanneer ek gereed is, God sal vir die res sorg.

Solank ek met Sy Vrede in my gemoed gaan, weet ek dat ek Louisa se hand sal vashou. God het dit vir my gewys, ons sal vir altyd bymekaar wees, daar waar daar vir ons twee Sy Rus en Vrede sal wees.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: