Sterrevegters - Boek 3 - Die Eerste Sterre Oorlog - Eric Von Benecke

sterrevegters_3_-_site
5 5 1 Product
R 237,00 each

+

Specifications

Adults
A5
196
22/2/2025
978-1-991455-80-2
Fantasy, Science Fiction

Die sterre skitter helder, maar in die skaduwees dreig oorlog.

Episode 1 – Die eerste sterre oorlog: Planeet Ude Ramazor, eens verwoes deur kernwapens, het stil geraak – totdat Kilner Valkener besluit om sy vader se belofte van wraak na te kom. Met die magtige sterskip, die Dodelike Valk, beplan hy om die planete Zedikiah, Rashida en Talbot op hul knieë te dwing.

Episode 2 – Skattejagters van planeet Kulasku.
Die geboorte planeet van die Kojoludu-wese ras. Die unieke wesens is bekend vir skattejag. Toe Novo Oestzen die drieduisend-en-een diamant ontdek, los hy die diamant op ‘n doodsgevaarlike planeet om dit later te kom kry. Hy is terug na die planeet, maar alles loop verkeerd…

Episode 3 – Die versteekte heelal.
Planeet Ozro het ‘n aanvalsteiken geword van vyandige planete om die sonnestelsel van Ozro. Vegters so jonk as twaalf, word saam met volwassenes op ruimteskepe geplaas en die sterre ingestuur om aanvalle teen Ozro af te weer. So ook vegkaptein Willien Icer en haar seun, Edric. Maar hul ruimte-vegskip beland in ‘n suiggat en hulle beland in ‘n versteekte heelal, waar hull te doen kry met ‘n vreemde planeet, en wesens.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: