Adder Kasteel - Eugene Pienaar

adder_kasteel_-_site
5 5 1 Product
R 269,00 each

+

Specifications

Adult - SVL
A5
236
7/12/2024
978-1-991455-66-6
Detective/Mystery, Romance

“Slange! Hoekom moes dit juis slange wees? Asof dit nie erg genoeg is om in die visier van ’n reeksmoordenaar te wees nie...”

ʼn Rustelose siel dwaal steeds in die ou kasteel, waar Altus du Preez, 'n skrywer op soek na inspirasie, 'n stil gastehuis kies om te ontsnap van die alledaagse. Maar die geheime van die ou Maritz-familie weef donker skaduwees oor sy verblyf. Onheilspellende figure, spoke wat verborge juwele soek, en 'n verhaal van begrawe skatte ontvou voor sy oë. Met elke dag wat verbygaan, groei Altus se obsessie om die waarheid te ontbloot, terwyl hy toenemend vasgevang raak in die dodelike lokvalle van die kasteel se grusame verlede.

Dit is 'n verhaal van mistieke kragte, geheimsinnige sterftes en die ewige gesoek na verlossing.

List of the comments:
1 of 1 find it helpful
Ek het Adder Kasteel baie geniet. Dit is 'n spanningsvolle verhaal: romanse verweef met misdaad en bonatuurlike verskynsels.
Sommer met die intrapslag het die hoofkarakter, Altus, 'n "ontmoeting" met 'n gees terwyl hy nog op pad is na die vernaamde Maritz-kasteel, beter bekend as Die Spookhuis, wat omskep is in 'n gastehuis. Altus is 'n skrywer, en die gerugte oor dwaalgeeste in die kasteel, het sy verbeelding aangegryp. Boonop het hy verneem dat ou Jochemus destyds, net voor die oorlog, 'n trommel vol geld begrawe het, wat nog nooit weer gevind is nie - en dit is hoofsaaklik die rede vir sy besoek.
Hy is nie die enigste persoon wat na die versteekte trommel op soek is nie, en dinge ruk handuit. As daar nou één karakter is wat my gefassineer het, dan is dit die geheimsinnige Trevor wat tydig en ontydig sy opwagting maak.
Ek kan Adder Kasteel beslis aanbeveel. Die verhaal is boeiend en hou 'n mens aan die wonder oor wat die skakel tussen die dwaalgeeste en die onnatuurlike dood van die gaste is. Veral omdat hulle deur slange gepik word wat nie tipies in daardie omgewing voorkom nie.
Die raaisels verdiep soos wat die verhaal ontvou en die spanning opbou. Die ontknoping is verrassend en onvoorspelbaar.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: