Anderkant Weerbegin - Ina Cantoni

anderkant_weerbegin_-_site_849298326
4.5 5 2 Product
R 216,00 each

+

Specifications

Adults
A5
175
02/7/2019
978-1-928512-29-5
Romance

In die Angolese oorlog is Portugese boere se lewens nie ’n sakkie aartappels werd nie. Kubane moor en roof en die vêrafgeleë plase word geplunder.

Grace oorleef die ergste aanval op haar gesin. Sy vlug – swanger en met haar driejarige dogtertjie.
Vier Suid-Afrikaanse soldate kry haar, verhonger en uitgeput en help haar tot in Suidwes-Afrika.

Hier skei hul paaie en die enigste mense wat sy leer vertrou moet terug Angola toe. Vrou alleen, sonder heenkome, geen familie of besittings gaan sy moedig voort.

Grace verloor alles, maar sal die uiteinde vir haar geluk bring?
Miskien ANDERKANT WEERBEGIN?

List of the comments:
No vote yet
Ek stel baie belang in ANDERKANT WEERBEGIN.
No vote yet
Oorwinning in hopelose omstandighede

Wat doen jy as jy alles verloor het en plat op die grond lê met jou gesig in die stof? Jy lig jou kop op, druk jouself op dat jy handeviervoet staan en dan staan jy op en begin oor.

Ek het baie meer begrip vir die persoonlike trauma waardeur vlugtelinge van oorlog gaan nadat ek hierdie boek gelees het. Die sterk hoofkarakter het my geinspireer om meer van myself te verwag en minder ekskuse te maak.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: