Ek dink dit is veilig om hierdie boek te begin op ‘n punt waar almal mekaar verstaan. Ek is nie Donald Trump of Richard Branson nie en hierdie boek gaan nie vir jou in tien eenvoudige stappe verduidelik hoe om oornag ‘n miljoenêr te word nie. Ek het nie om Afrika gestap of Everest uitgeklim nie, ‘n haai het my nie gebyt nie en ek was nie die enigste oorlewende van ‘n vliegtuigramp nie. Ek is net ek, ‘n doodgewone mens, net soos jy. Wat hierdie boek vir jou sal wys is hoe om nooit te gaan lê in die gewone lewe nie, hoe om soos ek en 99% van SuidAfrika die lewe te ervaar waar die goeie tye hulle tyd vat om aan die voordeur te klop.