Bladsye van Verraad - Loret Zwarts

cover_bladsye_van_verraad_-
5 5 1 Product
R 193,00 each

+

Specifications

Adults
A5
149
16/11/2019
ISBN 978-1-928512-90-5
Romance

Hoe red ’n vrou haar huwelik, as haar man na veertien jaar steeds ’n obsessie het vir naakte lywe op glanspapier. Elke keer wanneer sy met die bladsye van verraad in haar hand staan, is dit vir haar ’n skok en lei selfs tot mishandeling wanneer sy Johan met die bewyse konfronteer.
Sy besluit sy het genoeg gehad, sy wil ’n egskeiding hê, maar Johan oorreed haar om te wag tot hy terugkeer na sy drie maande weermagkamp.

Johan kom swaar gewond terug vanaf Angola, nadat sy peloton in ’n hindernis gelei is tydens die bosoorlog. Sy staar die koue werklikheid in die oë, as alle vingers na Johan wys. Hy het nie net vir haar mislei nie, maar ook sy land verraai. Sy en die weermag soek antwoorde, wat Johan nie kan verskaf voordat hy uit sy koma ontwaak nie. In die tyd steun sy op Wikus, die medic wat Johan se lewe gehelp red het.

Die besluit wat Lynette later moes neem, kom nie maklik nie.

Dan is daar ook die geheim van twee generaals, wat die leser sal prikkel om familie-geheimenisse uit te pluis tot by tweeling babas wat eendag hulle skoene moet volstaan.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: