Trudie kom na ’n gewone werksdag by haar woonstel. Elsa deel haar mee dat ’n man haar gesoek het. ‘n Ruk later is daar ’n klop aan die deur. Weerlig sweepslag by die woonstel terselfdertyd. Toe sy die deur oopmaak spring ‘n kort mannetjie die woonstel binne. Hy het nie rekening gehou met Trudie wat hom blitsig grond toe gebring het, tot Elsa se ontsteltenis want dis die man wat Trudie gesoek het.
Trudie is geskok toe sy hoor die man wat die woonstel binne gespring het ’n prokureur is wat haar tweede pa se sake behartig, van wie se bestaan sy nooit van geweet het nie. Verstom moes sy aanhoor dat sy die erfgenaam van ’n wildsplaas geleë aan die voete van die Soutpansberge.
Trudie se vriendin Rika sterf kort nadat ’n man 'n bos rose vir Trudie gestuur het.
Op die wildsplaas ontmoet sy Vennessa haar suster wat haar vyandig behandel. Die eerste aand ontmoet sy Rudie wat haar voete dadelik onder haar uitgeslaan het. Daai eerste aand word daar ook 'n briefie met bloed op geskryf in Trudie se kamer gelos.
Trudie moet die handewerk aanskou van renosters wat geweteloos gestroop word. Tot waar haar eie lewe in gevaar kom...