Daar huil n kind in my - Yvonne de Kock

cover 289680011
4.5 5 4 Product
R 182,00 each

1 items in stock
+

Specifications

Adult - SVL
A5
154
26/06/2018
978-1-928413-46-2
Biography

Daar huil 'n kind in my! Dit is die hartverskeurende uitroep van die innerlike kind van elke volwassene wat as kind seksueel gemolesteer is. Wat lewenslank onder die trauma se pynlike emosionele nagevolge ly.

Nóg iemand seksueel gemolesteer. Nóg een verkrag.

So word die nuus deur koerante en tydskrifte die wêreld ingestuur en oor die radio en TV uitgesaai. Maar wat van die verskriklike nagevolge? Dit word verswyg en so smoor die slagoffers agter die hand van die media omdat hulle die nagevolge dúrf uitskree!

Die samelewing dra kennis van verkragtings daar buite, maar hulle weet níks van die smart binne die diepste innerlike wese van ons as slagoffers nie. Ja, die trauma lê in die verlede, maar die nagevolge daarvan bly 'n lewenslange foltering en vonnis.
Dáárom vertel ek my verhaal net soos wat dit is en is ek 'n spreekbuis van die miljoéne seksueel gemolesteerdes daar buite, wat emosioneel vermoor is en nog steeds vermoor word!

Ja, in hierdie boek skud ek die rooi bloedskande-kombers uit en hang ek dit op die publieke draad vir almal om te sien!

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: