Die Hartsreis van Helena Badenhorst - Mari Mac Donald

hartsreis_1049715363
3.92308 5 13 Product
R 252,00 each

+

Specifications

Adults
A5
276
24/1/2020
978-1-928512-92-9
Romance

Helena Badenhorst is ‘n foto-joernalis vir Lamp en Lig. Sy ry van dorp tot dorp om foto’s van kerke van groot gemeentes te neem. Sy geniet haar werk, maar die een vraag wat om en om in haar kop maal, het eenvoudig nie ‘n antwoord nie. Haar reis word naby Wilgenhoutsdrift onderbreek. Dit pla haar dat die kerk onooglik is en die predikant haar vrae vermy. Wat het werklik met Brand Naude gebeur?

Brand Naude is ‘n predikant met ‘n verinneweerde gemoed. Hy gaan terug na Wilgenhoutsdrift toe om sin te maak uit chaos waarin hy hom bevind. Terwyl hy probeer om ‘n nuwe rigting in te slaan, verwag ‘n vriend dat hy die een mens op Wilgenhoutsdrift, wat werklik swaarkry moet help. Hoe kan hy ander in nood help as hy hom self nie eers kan help nie?

Die hartsreis van Helena Badenhorst is ‘n grondpad-reis vol duwweltjies en ontdekkings.

List of the comments:
No vote yet
Waar kan ek die boek koop of bestel asb?
No vote yet
Hart en Gees Roerend!!
This person has bought this item.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: