Die Small Sword - Liza Daniells

cover die small sword
5 5 1 Product
R 80,00 each

+

Specifications

Adult - SVL
B6
80
03/12/2018
978-1-928415-75-6
Religious

Edelsteen-ingelegde swaard uit sy skede getrek, wag die skrywer die twee engele in. Haar hele wese vibreer in die wete dat die geveg wat gaan plaasvind, die geveg om haar lewe is. Die twee pragwesens is gestuur om haar by te staan, maar die geveg is hare.

Saam met Raphael en Ikoni, die twee engele vir haar gestuur, beleef sy 'n ander dimensie. Hulle praat sonder woorde. Krulkop-engel, Raphael tree presies op soos klein Bas, die sho't left engeltjie van haar kleintyd. Hy maak selfs vir hulle baked beans en toast en raak opgewonde oor milkshake.
Ikoni openbaar aan haar die waarde van haar small sword (haar skrywers pen), ook haar waarde voor God as Sy Warrior bride.

Sy kom te staan voor die slagordes van die hel en 'n geveg om lewe vind plaas, ja, tot die dood toe. Daarna moet sy alleen die vyand beveg, daar waar hy haar as klein dogtertjie en volwasse vrou gevange hou.

Die skrywer beleef hierdie visie met die klinkklare sekerheid dat dit werklik is en 'n seker boodskap van haar Hero en haar God.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: