Die Hart van 'n Vrou - Mari Ströh

hart_-_site
5 5 1 Product
R 199,00 each

+

Specifications

Adults
A5
122
1/5/2024
978-1-7764622-2-3
Romance

Die hart van ’n vrou ... die hartklop van ’n huis. Sy is die gom wat ʼn gesin aanmekaar hou en sy plaas haarself altyd tweede, staan sterk sonder om haar kwesbaarheid te ontbloot. Maar, sy sal veg tot die dood toe wanneer daar onreg aan iemand of iets vir wie sy lief is, gedoen word. In tye van nood sal sy intree, optree en jou stormloop sonder om twee keer, of aan die nagevolge, te dink. Nie net gister se vrouens nie, maar tot vandag toe nog staan sy uit. ’n Hart van goud met ’n ysterhand.

Haar kinders weet dat niks te groot is vir haar om te hanteer nie en haar man besef dat sy sy hande sterk hou wanneer syne afgekap of swak is. Haar dogter kyk op na die sterk vrou wat sy is en maak te alle tye staat op haar liefde en ondersteuning.

ʼn Vrou is ʼn onbeskryflike wese met ʼn onbeskryflike invloed op haar geliefdes se lewens ... en wanneer daar ’n ou wyse vader by die huis op haar wag, is hulle so goed soos ’n weermag van honderd met die wysheid van Salomo.

Raad wat jy al gehoor het en van geweet het, maar wat jy vandag weer moet hoor. Luister tog, voor dit dalk te laat is. En moenie vergeet nie, baie belangrik, ’n vrou wil liefgehê word ...

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: