Dongola - Loret Zwarts

dongola 1587755584
5 5 1 Product
R 161,00 each

+

Specifications

Adults
A5
112
16/07/2018
978-1-928413-55-4
Romance

Die rooigloed van die oggendson, lek aan die randte en val tussen die blare tot op die stofpad om die grond warm te bak. ’n Kwêvoël laat van hom hoor en tarentale kwetter soos hulle die oggend aankondig. Gustav se gespierde arm rus op die venster van die jeep. Die rustigheid van die natuur het hom nog altyd geboei, dit is hier waar hy wil wees in die bos.

Dit is hier waar mens leef, vir ’n rukkie vergeet van als wat onnodig saamsleep En nie vergeet wil word nie. Weer soos vanoggend, wat ’n paar blou oë hom agtervolg wat hy liefs weg wil bêre in hartskamers wat hare alleen was. Hy’s nog nie reg om haar daar uit te haal en aan te beweeg nie. Hy klim uit, stadig, leun oor die deur en kyk skrefies oe die veld in. Die lug is dun en vars en hy vat ’n diep asemteug en blaas dit hard uit terwyl hy uitrek met sy arms bokant sy kop. Die blonde hare lê deurmekaar op sy voorkop en selfbewus trek hy sy hand daardeur.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: