Fyn Balans - Die alledaagse deur my oë - Cecile Huisamen

mg voorbladfynbalans
5 5 3 Product
R 138,00 each

+

Specifications

Adults
A5
02/11/2017
978-0-620-68985-4
Romance, True Life

Resensies:

Hierdie is ‘n heerlike woordreis waar jy meer waarneem en ervaar deur die oë en woorde van Cecile. Dit is van meet af ‘n andersoortige woordreiservaring deur die alledaagse stap van die lewe. Haar innerlike gewaarwordings vind inslag binne die leser. Met die saamstel van hierdie bundel het ek telkens stil bly staan by haar ervaringe en emosies.

Mag elke leser saam met Cecile haar leefwêreld besoek d.m.v. haar geskrewe woord.
‘n Bundel skrywes wat elkeen baie diep sal raak en ook ‘n lekker- lag of ‘n traan -pik, sal laat beleef.

‘n Moet-hê koffietafel-bundel wat jou sal verryk. ~Heleen Malherbe

Cecile Huisamen bring met die reeks “Die alledaagse deur my oë,” ‘n leeservaring na die leser. Haar eposse aan vriende en familie verskerp ook die waarnemingsvermoë deur haar woorde en beelde.

Hierdie is ‘n vars en unieke reeks bundels waarmee elke vrou, selfs die man, deur hul daaglikse reis, ondervind.

Ek beveel die leesgenot sterk aan vir elke boekrak. ~Prof JH Smit

"Lekkerte . . . . . is iets wat jou behaag! Ek weet lekker is relatief. Een van die lekkerste lekkertes, het my agtien jaar gelede getref, met die geboorte van my eerste kleinkind. Niks het my voorberei vir hierdie warm, behaaglike lekkerte nie.

Nie gedink dat iets my eie kinders se geboortes kon ewenaar nie – maar nou, na nog ses geboortes van hierdie aard, is ek so propvol lekkerte, dat ek kan bars.
Wat ‘n voorreg om sewe nuwe mensies in jou kudde te verwelkom, lief te hê en te koester.
Jou kinders se kinders, is een van die soetste, genotvolste ervarings wat ek nog ooit kon beleef.
Boetie[WF] is vandag 18. Hy is mooi en sterk en ‘n saggeaarde jong man, en verduur sy ouma se gedrukkery en geite, net oor hy mal is oor my appeltert.
Hy ken sy eie lekkertes, sowel as die ander ses nakomelinge.
Geniet julle eie lekkertes, wat dit ookal mag wees.
Ek loop oor van lekkerte."

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: