Geroeste Skakels - Ina Cantoni

cover geroeste skakels 1405685693
4.5 5 2 Product
R 176,00 each

+

Specifications

Adults
A5
121
16/8/2018
978-1-928-41343-1
Romance

Dit raak stil. Asof woorde opgeraak het. Natuurlik kan woorde opraak! Alles wat gesê moet word, is mos nou klaar gesê? Of is daar nog iewers ’n versteekte woordeboek, een wat niemand nog ooit gesien het nie, nog woorde en sinne wat dalk regtig sin maak. Miskien as die stof nou wegwaai sal die blaaie kan oopblaai? Is daar dan ’n storie wat nog nie vertel is nie?

Met rukkende of is dit hortende asemstote soek Riana verward in haar deurmekaar wêreld na die boek. Sy knik haar kop stadig op en af asof sy die antwoord so pas gevind het.

“Riana? Is daar iets wat jy onthou? Probeer die woorde lees dan vertel jy my wat jy sien.”

Hierdie hartroerende verhaal vertel van die seer van ‘n ma deur haar dogter verwerp. Kan liefde weer gevind word na al die hartseer?

List of the comments:
No vote yet
Soms het 'n ma genoeg gehad...
Die ma en die dogter in die verhaal raak baie ver verwyderd van mekaar. Ten spyte van herhaaldelike pogings deur die ma om toenadering te soek, bly die dogter op 'n afstand. Die rede: 'n perspektief wat die dogter in haar kinderjare ontwikkel het. Het sy die regte afleidings gemaak? Lees die boek om uit te vind of sy reg of verkeerd was en wat die gevolge van haar keuses was.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: