Grassade - Margaret Barnard

cover_grassade
5 5 2 Product
R 167,00 each

+

Specifications

Adults
A5
117
30/6/2019
978-1-928512-28-8
Romance

Kom saam met Lara op haar Sabbatsreis vol herinneringe van haar kinderdae. Moeilike tye wat sy nooit gedink het sy gaan oorleef nie. Soos die aande wat sy en haar sussies moes vlug en in mense se tuine wegkruip om weg te kom van hulle pa se geweld wanneer hy gedrink is. Hierdie is tye wat sy met alles in haar vermoë eerder uit haar gedagtes sou wis.

Maar daar was ook wonderlike tye wat sy by haar liefste ouma en oupa spandeer het, die enigste plek waar sy veilig en geborge gevoel het.

Dan kom die noodlot weereens en ruk haar voete onder haar uit. As jong vrou en ma moet sy steeds saans vlug en wegkruip vir die geweld wat so na haar bloed soek.

Wanneer haar jongste op ’n punt kom waar hy nie meer kans sien om te lewe nie, word ook haar rowe afgeruk en is dit tyd vir ernstige introspeksie.

Gaan Lara ook na verkeerde uitweë soek in die lewe, of gaan sy iewers haar lag terugkry?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: