Leila - Marsofine Krynauw

leila_omslag
5 5 1 Product
R 164,00 each

+

Specifications

Adults
A5
142
7/4/2020
978-1-928513-02-5
Action and Adventure, Romance

Leila Metzger – ‘n jong argitek van Windhoek – en haar avontuurlustige vriende, besluit een aand om ‘n braaivleisvuur hul volgende bestemming gaan Noord-Afrika wees. Leila is baie opgewonde, sy wou nog altyd die Saharawoestyn besoek en beleef. Daar is vir haar ‘n soort mistiek aan al die stories wat mens hoor van woestynprinse in die middel van die woestyn met hul paleise en harems.


Hul avontuur begin weke later in Marrakesj. Leila, wie se belangstelling fotografie is, geniet elke oomblik en soos hul elke dag na ‘n ander dorp beweeg, neem sy foto’s.


Op die derde dag neem hul toer hul deur die Sahara-woestyn. Die noodlot tref hul toe hul toerbus breek. Die toerleier vra almal om uit te klim, maar asseblief naby die bus te bly tot hulp opdaag.

Leila is gou verveeld. Sy staan op en begin stadig al met die duin op stap, vrek nuuskierig om te sien wat agter hierdie groot duin is. Die volgende oomblik voel sy hoe twee sterk arms haar van agter vasvat. Haar kamera word uit haar hande geruk, en voor sy kan kyk wie haar so hardhandig behandel, word sy geblinddoek.

Sy word deur haar ontvoerders verkoop aan Sjeik Hamdan bin Mohammad Al Maktoum van Mirage Paleis.

Wat wag op haar? ‘n Lewe van hel in ‘n harem, of het Sjeik Hamdan ‘n heel ander plan met hierdie beeldskone jongvrou uit Namibië?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: