Hierdie bundel van kortverhale neem die leser op ’n reis saam met Florina van Staden se interessante karakters:
Speurder Muishond Nel ondersoek die moord op ou Dominee. ’n Kaping loop skeef. Dewald raak verlief op ’n foto, terwyl dokter Alonzo verlief raak op ’n pasiënt. Lionel rol weer ’n klip uit Annelie se pad, net sodat Brenton sy seenimf uit die see kan red.